GEORGE NUUS - 'n Transformator in Hoopstraat het Maandagaand omstreeks 19:00 met 'n harde knal-geluid ontplof - en toe is alles donker.
Groot dele van George-Suid, Bos en Dal en die industriële gebied is vir sowat 'n uur sonder krag gelaat. George-brandweer het die toneel beveilig.
"Dis net jammer dit was in my sepietyd," het 'n inwoner van Bos en Dal gesê.
Teen Dinsdag laatoggend het spanne van elektrotegniese dienste steeds geswoeg om kragtoevoer na 'n gedeelte van George-Suid, in die omgewing van Hoopstraat, te herstel.
"Daar is uitgebreide skade," het munisipale woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, bevestig.
Esmeralda Cronjé het George-brandweer in 'n Facebook-inskrywing bedank vir hul vinnige reaksie en hul braafheid: "... 30 minute na die transformer ontplof het is julle hier en besig om te help. George is awesome."
'n Transformator wat elektrisiteit na groot dele van George-Suid, Bos en Dal en die industriële gebied herlei het Maandagaand in Hoopstraat ontplof.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'