Update
GEORGE NUUS - 'n Jongman is Saterdagoggend 12 Mei dood na hy met 'n mes in die nek gesteek is. Die slagoffer (34) en sy meisie (23), albei van Golden Valley in Blanco, het na bewering baklei waarna sy hom met 'n mes bygekom het.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die slagoffer na sy ma se huis gegaan en haar gevra om die ambulans te bel.
Met die ambulans se aankoms het hy reeds aan sy wonde beswyk. Die voorval het omstreeks 05:00 by 'n huis in Robynsingel plaasgevind.
Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem, maar is intussen vrygelaat hangende verdere ondersoek.
* A young man was stabbed to death in Golden Valley, Blanco, on Saturday 12 May. The victim (34) and his girlfriend (23), both from Golden Valley, allegedly had a fight after which she stabbed him in the neck.
Lees 'n vorige artikel: Vrou vas vir man se moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'