Breaking News
GEORGE NUUS - 'n Jongman (23) van Reigerpark, die nuwe uitbreiding in Pacaltsdorp, is glo vanmiddag deur 'n polisiebeampte doodgeskiet. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Volgens 'n betroubare bron was die oorledene 'n verdagte wat gesoek is in verband met huisbrake asook ander ernstige misdrywe.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die voorval bevestig en gesê dit sal verder deur Opod ondersoek word.
Die presiese omstandighede rondom die voorval kon nog nie bevestig word nie.
Met George Herald se aankoms, kort na die voorval, het 'n skare om die toneel saamgedrom en oproerig geraak.
Klippe is na die polisie gegooi waarna die polisie rubberkoeëls afgevuur het om die skare onder beheer te bring.
Verdere inligting sal volg soos dit bekend word.
Polisie op die toneel vanmiddag. Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'