GEORGE NUUS - Die George-musiekvereniging het op Vrydagaand 11 Oktober die jaarlikse Jong Musikante-kompetisie se gala in die NG Moederkerk aangebied.
Hierdie kompetisie het 'n lang geskiedenis in George met verskeie vorige deelnemers wat vir hulself suksesvolle musiekloopbane geskep het, plaaslik sowel as internasionaal.
Die gala was 'n hoogtepunt met 'n groot en opgewonde gehoor waar amper 40 items wat sang, klavier en instrumentale solo's en ensembles insluit, uitgevoer is. Wenners is met trofeë en kontantpryse vir hulle harde werk en deursettingsvermoë beloon.
Kerwin Albertus het drie toekennings ingepalm, naamlik die trofee vir musiekuitmuntendheid, beste saksofoon en veelsydigheid.
Die senior wenner was Samuel Leggatt, pianis, wat ook die senior klavierprys ontvang het. Die tweede senior prys het ook aan 'n pianis, Ludolph Pedro gegaan. Die eerste junior wenner was Kaitlyn McDonald, ook 'n pianis en die tweede junior wenner was die sangeres Jodi Ann Michael.
Angie Meyer, Clara Adrian, Jodi Ann Michael en Henco Bester het sangtoekennings ontvang. Die beste fluitspeler was Dylan du Preez.
Beste senior ensemble was Puntnote van Hoërskool Punt op Mosselbaai.
Kerwin Albertus het drie trofeë ingepalm.
Die toekenning vir die beste vokale ensembles is gedeel deur die Holy Cross Ensemble en die groep, Seven Plus One van Greta Benade.
Die beste junior ensemble was die Holy Cross Instrumentale Ensemble en die beste senior ensemble was Puntnote van Mosselbaai. Die Blokfluit Trio van die Laerskool George-Suid was die beste trio van die Jong Musikante-kompetisie.
Die George-musiekvereniging wil graag almal wat by die geleentheid betrokke was bedank vir hulle bydrae. Daar is R5 000 ontvang van Nataniël en Charl du Plessis, kontantdonasies en 'n groothartige donasie van Mr Meat.
Vir meer inligting, klik hier.
Die eerste prys vir beste vokale ensembles is gedeel deur Holy Cross Ensemble en Seven Voices Plus One.
Ludolph Pedro, senior tweedepryswenner. By hom is Ronel van Aswegen.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'