Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die jong Brendon Booyse (12) is Saterdag 4 Julie ter ruste gelê na sy ontydige dood 'n skokgolf oor die gemeenskap van Borcherds gestuur het.
Booyse, 'n gr. 7-leerder aan Heidedal Primêr, is blykbaar op 24 Junie omstreeks 18:20 in Brucestraat, Borcherds, deur 'n 11-jarige seun van die omgewing doodgesteek.
Die jong verdagte is kort daarna in hegtenis geneem en weer in die sorg van sy ouers vrygelaat. Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies, kan die verdagte moontlik weer voor die hof gebring word wanneer die ondersoek voltooi is. Familie, vriende en sy gr. 7-klasmaats en onderwysers van Heidedal, het Saterdag hul laaste eer aan hom betoon tydens 'n huisdiens in Galantstraat by sy ouma, Steyn Booyse, se woning en 'n intieme begrafnis later by die George-begraafplaas.
Fotogalery: Laaste vaarwel vir Brendon
Volgens sy familie was Brendon 'n goeie kind wat hard gewerk het op skool.
"Hy het vreeslik uitgesien daarna om volgende jaar by Hoërskool George aan te sluit. Hy was 'n liewe kind, maar die manier waarop hy van ons weggeneem is, is vir ons bitter moeilik om te aanvaar. Hy het 'n blink toekoms gehad," het sy tannie, Claudia Tekana, gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Verwante artikels:
Brendon het 'n leemte onder sy vriende en familie gelaat. Sy gr. 7-klasmaats het Saterdag sy kis gedra. Foto's: KJ Photography
Sy familie vertel dat hy 'n liewe, saggeaarde kind was wat groot planne vir sy toekoms gehad het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'