TUINROETE NUUS - Die Eden en Sentraal Karoo-onderwyskantoor het 'n nuwe waarnemende hoof, na Desmond Maarman onlangs afgetree het.
Jewel Jonkers was tot onlangs Hoof: Bestuur en Beheer, en neem nou waar as die distriksdirekteur.
"Die plan het effens vroeg op my afgekom al was dit iewers in my visier."
Hy verduidelik daar is reeds vooraf besluit dat dit nie saak maak wie instaan in die pos nie, die span sal daardie persoon ondersteun. Jonkers sê ook hy sou in die diep kant wees, as Maarman hom en ander nie by sy strategiese beplanningsessies ingesluit het nie. "Dit maak die instaan effens makliker vir my omdat daar reeds planne in plek is, dit moet net geïmplementeer word."
Maarman wat die pos sedert 2016 beklee het, het klaar gemaak by die distrikskantoor en amptelik op 3 Februarie aangesluit by die Wes-Kaapse skole evaluasie-owerheid. Sy familie gaan in die nabye toekoms by hom aansluit in Kaapstad.
Jonkers gaan vir drie maande in die pos waarneem tot daar amptelik iemand aangestel word.
Lees 'n verwante artikel: School evaluations to start soon
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'