Gemeenskapsbouers, 16 tot 35 jaar, van die George en Mosselbaai munisipale areas, betrokke by kinders, jeug, volwassenes, persone met gestremdhede en bejaardes, mag nominasies indien in die volgende kategorieë:
- Opvoeding - Betrokkenheid by nasorgprogramme, volwassene onderrig, studiegroepe ens;
- Maatskaplike Ontwikkeling - Werkskepping, bewusmaking van menseregte en maatskaplike uitdagings;
- Gesondheid - Omgewingsgesondheid projekte, natuurbewaring, bewusmaking van siektes soos Kanker, tuberkulose om net 'n paar te noem;
- Kuns en Kultuur - Ontwikkeling van dans, sang en handvaardighede en laastens
- Sport - Bestuur en ontwikkeling van sportgroepe/kodes.
Die tien finaliste word selekteer deur 'n paneel van beoordelaars en die drie top wenners sal aangekondig word op 27 November by Protea Hotel King George, die hoofborg van die toekenningsaand. Dit is die tweede jaar dat hulle betrokke is by hierdie projek.
Die wenners sal onder andere prysgeld ontvang tot voordeel van die projekte waarby hulle betrokke is.
Stuur nominasievorms na newdawndf.george@gmail.com. Indien probleme ondervind word met die indiening van nominasievorms, kan alternatiewe reëlings met die organiseerders getref word. Nominasievorms moet volledig ingevul word en addisionele inligting aangeheg word.
Vir verdere navrae, skakel Newdawn Development Forum by 081 319 8619.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'