Gallery
GEORGE NUUS - Arlene Grove het die verrassing van haar lewe gekry toe haar kêrel, Valdon Syfers, haar op Valentynsdag gevra het om te trou.
Sy was onder die indruk hulle gaan slegs vir 'n fotosessie in die botaniese tuin.
Toe hulle tussen die bome op 'n vrolike uitgepakte piekniekplek afkom het Valdon voorgestel dat hulle sommer daar hulle foto's neem.
Effe huiwerig het sy nadergegaan en haar oog het geval op 'n swartbord met die boodskap, "Will you marry me?".
Toe sy verbaas omdraai was Valdon op een knie voor haar met die pragtige ring in sy hand.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'