Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ontevrede inwoners van New Dawn Park vergader tans voor die huis van 'n DA-wyksraadslid, Cecil Noble.
Die groep van sowat 30 inwoners is woedend omdat die raadslid hulle na bewering afskeep.
Rioleringsprobleme, 'n tekort aan behuising en slegte leefomstandighede is van die kwessies wat hulle pla.
Noble het blykbaar gister besoek aan die woongebied afgelê, maar die inwoners reken hy gee 'n dowe oor vir hul probleme.
Noble is nie tans tuis nie. Sy kommentaar oor die situasie word verwag. Navrae word aan George-munisipaliteit gestuur.
Die George Herald het Noble per selfoon genader vir kommentaar, maar kon hom nie in die hande kry nie.
Sowat 5 polisievoertuie is op die toneel om 'n wakende oog te hou.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'