GEORGE NUUS - Na aanleiding van die onlangse tragiese en hartseer gebeure by Voëlklip in Heroldsbaai, word ‘n gebeds-/intersessiegeleentheid vanmiddag, Woensdag 6 April gehou.
Ds Johann Winterbach het die uitnodiging vir die gebedsgeleentheid namens die NG gemeente George-Suid, waarvan Heroldsbaai 'n wyk is, uitgestuur.
Dit begin om 17:00 en daar sal op twee plekke gebid word - by die kruis op Voëlklip en in die kerkgebou op Heroldsbaai (oorkant die kafee).
Persone wat dit wil bywoon, kan kies by watter een van die twee plekke hulle wil bid. Almal is welkom.
Verwante artikel: Shooting at Voëlklip
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'