GEORGE NUUS - Inwoners van George kan eersdaags uitsien na 'n proetjie van die verlede wat sommige dalk sal kan onthou. Georgiete word genooi om op Saterdag 6 November, Show Movies, 'n inryteater-geleentheid by die George-skouterrein te kom geniet.
Die motivering agter die konsep is om vir gesinne 'n veilige uitstappie tydens Covid-19 te bied.
Vir sommige gaan dit 'n nuwe ervaring wees en vir ander gaan dit moontlik goeie herinneringe en 'n tikkie nostalgie bring.
Hekke maak 16:00 oop en die fliek, Call of the wild met Harrison Ford, begin kort na 19:00.
Kaartjies kan vooraf by Computicket of die aand by die hek gekoop word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'