GEORGE NUUS - Die middedorp word die afgelope tyd deur verskeie besigheidsinbrake geteister.
Sedert 7 Januarie is daar glo agt voorvalle van inbrake, diefstal en/of poging tot diefstal aangemeld.
Onder die besighede wat deurgeloop het was die Happy R5 Shop, Fabric & Decor, Staccato en China Market.
Inbraak by Staccato
Een van die mees onlangse voorvalle was Sondagoggend, 12 Januarie, omstreeks 06:20 by die Staccato-musiekwinkel in die Paddagat-sentrum.
Volgens Daniël van der Merwe, die eienaar van Staccato, kan daar op kringtelevisie-beeldmateriaal gesien word hoe drie mans met klapmusse toegang tot die winkel verkry deur een van die groot ruite te breek.
"Hulle het met ses Yamaha-klawerborde en twee Roland elektroniese klaviere uitgestap. Die waarde van die instrumente is sowat R105 000. Hulle was binne drie minute in en uit," vertel hy. Die verdagtes het blykbaar met 'n wit Toyota Fortuner met 'n FS-registrasienommer gevlug.
Volgens Van der Merwe het die verdagtes die sentrum se sekerheidsbeamptes gestorm toe dié nader kom.
"Sekuriteit het glo vermoed die verdagtes is gewapen en het weggehardloop." Die inbrekers het in die Fortuner gevlug.
Wat sê die buurtwagte
Buurtwagte in die middedorp maan besigheidseienaars en lede van die publiek om uiters waaksaam te wees en die maksimum sekuriteitsmetodes toe te pas. Hulle het ook bevestig dat daar sedert die middel van Desember definitief 'n toename in kriminele aktiwiteit in die middedorp is.
Daar kan nog nie bevestig word of die voorvalle met mekaar verbind kan word nie.
The CBD has recently been plagued by various business break-ins and robberies. According to unconfirmed information, eight incidents of burglary, theft and / or attempted theft have been reported since 7 January. Among the businesses that went through were the Happy R5 Shop, Fabric & Decor and China Market. One of the latest incidents was at the Staccato music store in the Paddagat shopping complex where instruments to the value of R105 000 were stolen last Sunday.
Lees 'n verwante artikel: Pardon me, Mr President
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'