GEORGE NUUS - 'n Groep van Pacaltsdorp wat teen bendegeweld en die misbruik van alkohol en dwelms in Rygerpark optree, Pacaltsdorpdwelmondersteuningsgroep, het op Saterdag 25 Maart 'n dag van gebed gehou.
Volgens die organiseerder, pastoor Aldon Meyer, is die dag goed ondersteun deur die gemeenskap van Rygerpark.
"Dit was 'n riem onder die hart. Die groep is nou al ses jaar aan die gang en ons fokus op alkohol en dwelm misbruik. Ons verskaf ook berading aan verslaafdes wat gehelp wil word en nie rehabilitasie kan bekostig nie," sê hy.
Die groep gee ook ondersteuning aan families van verslaafdes en is gedurig besig om bewusmaking in verskillende gebiede van George, te skep.
Enigiemand wat hulp benodig met verslawing kan Meyer by 084 635 9183 skakel of stuur vir hom 'n e-pos na aldonmeyer61@gmail.com.
Enige donasies van ander organisasies, besighede of lede van die publiek, word altyd verwelkom.
Vir meer inligting, bystand of om 'n donasie te lewer, kan Meyer by 084 635 9183 geskakel word, of stuur 'n e-pos na aldonmeyer61@gmail.com.
Alternatiewelik kan Norman Farao by 079 800 4818 of normanf1958@gmail.com gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’