Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Klein Jaimee is vanoggend deur Pieter Campher na die Tuinroete DBV geneem.
Campher was op pad uit Pacaltsdorp, toe hy 'n groep jong seuns met twee hondjies sien loop.
“Ek het gesien hoe hulle die een in die bos gooi, en toe aanstap," vertel hy.
Campher sê hy het gestop en hulle gevra hoekom hulle die hondjie daar wou los; dit het hulle blykbaar die skrik op die lyf gejaag, en hulle het weggehardloop.
Hy het die jong tefie uit die bos gaan haal en dadelik na die Tuinroete DBV geneem waar sy nou die nodige aandag en liefde gaan kry.
"Baie dankie," sê Salome Bruyns van die DBV.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'