Gallery
GEORGE NUUS - Oewerstraat se Kersvader het vanjaar weer sy verskyning in die gewilde liggiestraat in Denneoord gemaak.
Kinders van die buurt het Dinsdag 11 Desember nader gestaan om die bebaarde man te ontmoet en 'n suigstokkie te kry. Vanjaar speel Jaco Human die rol van die man in die rooi pak. Sy drie dogters, Jana (4), Nita (10) en Ankia (8) was by om te deel in die pret.
Vir diegene wat Kersvader vandeesweek gemis het is daar steeds 'n geleentheid op Maandag 24 Desember, van 19:30 tot 20:30.
Oewerstraat se liggies is weereens 'n fees om te aanskou. Nuuskieriges parkeer graag hul motor hoër op in die straat en stap met die kinders deur die wonderland van Kersfeesliggies.
Inwoners geniet die sprokieswêreld in Oewerstraat saam met hulle kinders.
Die man met die rooi pak en wit baard het heelwat aandag gelok.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'