Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Groot opgewondenheid het vanoggend geheers toe drie veteraanmotors op die Rondomtalie-toer uit George vertrek het. Hulle sluit later vanoggend aan by nog 'n groep in Groot-Brakrivier.
Vandaar kies hulle koers na Bredasdorp en ry verder na ander dele in die Wes-Kaap.
Aanstaande Vrydag, 10 Februarie, ry hulle saam met deelnemers aan die Vet Tour van Klaarstroom na George.
Die George-oumotorskou vind plaas op 11 en 12 Februarie.
Die drie motors wat vanoggend uit George vertrek het is 'n 1931 Model A Ford Roadster, 'n 1926 Model T Ford en 'n 1915 Model T Ford.
VIDEO: Rondomtalie-toer
VIDEO: Ons is reg
Gereed om te vertrek. Die groep wat vanoggend uit George vertrek het as deel van die Rondomtalie-toer. Van links: Phillip Rosser, Amanda Rosser, Corne Marx, Hennie Marx, Else Harmse (borg van die Vet Tour), Rosita Kuschke en Philip Kuschke. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'