GEORGE NUUS - Cremhog, asook die Noodboks vir 'n Boer-projek, het almal se hulp nodig sodat vanjaar se Kersfees iets spesiaal kan wees.
André Olivier van Cremhog sê hulle sal as gevolg van Covid-19 nie vanjaar 'n Kersete vir die haweloses kan aanbied nie.
Hulle sal wel 'n kospakkie op 22 en 29 Desember wil uitdeel.
Cremhog-kospakkie
"U kan help met 'n bydrae van 1 pak of R200 per pakkie. Ons doelwit is 150 pakkies."
Inhoud van pakkies:
- 1 pak Weet-bix,
- 1lt langlewe-melk,
- 500 gr suiker,
- 2 pakkies Cream Crackers,
- 1 x 5 pak 2minute noodles,
- 2 pakkies Marie beskuitjies,
- 1 pak Appels,
- 1 x grondboontjie-botter,
- 1 x Bully beef,
- 2 x blikkies boontjies en
- 2 x Pilchards.
Kontak André by 082 551 8900 of bydraes kan by die NG Kerk Bergsig afgelewer word.
Noodboks vir 'n Boer
Anne-Marie van Wyk sê hulle is 'n paar vroue wat die skoenboksprojek vir die plaasboere wil doen. "Ons kyk na die droogte geteisterde areas en ook die plekke waar dit gebrand het."
Die Noodboks vir 'n Boer se sluitingsdatum is 30 November en mense kan 'n bemoedigende boodskap saam met 'n paar items soos toiletware, blikkieskos, beskuit, tee, koffie, suiker, langlewe-melk asook oor die toonbank medisyne in die boks sit.
Afsetpunte is by die Familiehuis kerk, Tommy Joubert-gebou, George, of kontak Andiah Myburgh by 083 868 2933, Van Wyk by 062 210 3706 en Nana by 082 491 4387.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'