GEORGE NUUS - 'n Organisasie wat hom oor haweloses ontferm, Cremhog (Christian Rehabilitation Ministries to the Homeless of George), beplan om vanjaar weer aan 100 hawelose en behoeftige persone 'n kospakkie vir die feestyd te gee.
"Die publiek word vriendelik uitgenooi om 'n pakkie bymekaar te maak en aan ons te skenk vir ons Kersafsluiting op 21 Desember," het Cremhog se algemene bestuurder, André Olivier, gesê.
"Donasies moet ons asseblief teen 15 Desember bereik."
Cremhog het 'n hele lys van items wat hulle graag in so 'n pakkie wil hê, waaronder Weet-Bix, suiker, ingelegte vrugte, grondboontjiebotter en kondensmelk.
Weldoeners kan ook 'n pakkie borg, teen R300 per pakkie. Die aankope word dan deur Cremhog gedoen. Vir meer inligting, kontak Olivier by 082 551 8900.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'