GEORGE NUUS - As jy omgee vir diere in nood kan jy gerus die sypaadjieverkope voor Dogmatix, Mitchellstraat 33, George op Saterdag 16 Desember ondersteun.
Dit begin 09:00 en sal tot 14:00 aanhou.
'n Verskeidenheid van tweedehandse goed sal te koop aangebied word.
Borcherds Paws en Dogmatix verrig 'n gratis liefdestaak vir diere wat hulp nodig het en Saterdag gaan hulle kragte saamsnoer.
Marileen Greeff van Borcherds Paws is bekend as iemand wat diep in nedersettings gaan en hulp verleen. Voorligting en kos word op 'n daaglikse basis voorsien.
Die honde ken al haar bakkie se gedreun en sy word met blydskap ingewag. Sy het ook klein helpertjies wat haar lei na diere in nood en om die kos uit te deel
Donasies van hondekos is ook welkom en kan of Saterdag by die verkope of weeksdae by Dogmatix afgegee word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’