Video
GEORGE NUUS -Manie Libbok, wat deel was van die seevierende Springbok-groep, het vanmiddag, 10 November 'n heldontvangs by sy alma mater, Hoërskool Outeniqua (Kwaggas), ontvang.
Hy het kort ná 12:30 by die skool opgedaag en is begroet met krete van "Bokke Bokke" en "Manie, Manie."
Libbok het sy skoolloopbaan in 2015 by die skool voltooi en het toe reeds op die rugbyveld gewys wat in die toekoms wag.
Tydens vanmiddag se geleentheid het hy een van sy Springboktruie aan die skool oorhandig.
Die skool het twee eeufees-rugbyballe aan hom oorhandig. Piet Cloete, adjunkhoof van sport by die skool, het gesê die skool is baie trots op hom.
Dit is ongelooflik om 'n Wêreldbekerwenner by die skool te verwelkom.
Libbok het die skool bedank vir die geleentheid en gesê dit was 'n voorreg om op die skool te kon wees. Dit het vir hom baie beteken om daar te kon wees. Die skool het vir hom groot deure oopgemaak.
Foto: Hoërskool Outeniqua
Manie Libbok sê dankie vir Kwaggas vir hul ondersteuning.Foto: Eugene Gunning
VIDEO: Manie Libbok se helde-ontvangs (Video: Eugene Gunning).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’