GEORGE NUUS - Die geskil tussen Hoërskool Heatherlands en hul huurders gaan steeds in George-landdroshof voort. Die groep het verlede Vrydag in die hof verskyn waar die saak weer uitgestel is.
Die skool se regsverteenwoordiger wou nie enige kommentaar lewer voor die saak nie afgehandel is nie.
Leerders van die skool het ook voor die hof hul stem laat hoor, maar is gou deur die skoolhoof, Clive Zinkfontein, gevra om terug te gaan skool toe.
Die groep huurders wat ook lede van die skoolbeheerliggaam insluit, verskyn in die hof oor ‘blykbaar’ agterstallige huurgelde wat aan die skool verskuldig is. Die saak is tot 6 September uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'