
"Dit is mits die George-munisipaliteit en sy regsadviseurs hulle samewerking gee om dit te bewerkstellig.
Vanaf sy huis in Bellville, het Theart gebieg in 'n telefoonoproep, "Dit bly vir my 'n hartseer saak om te verneem van die vandalisme by die Hawthorndene Hotel. Die plek het my al baie trane gekos. Daar is heelwat uitstaande kwessies wat moet aandag kry, maar dit kan uitgesorteer word, mits die munisipaliteit die geskil oor die water- en kragrekenings uitsorteer.
"Om telkens weer 'n nuwe eienaar op te saal met agterstallige fooie - soos met my ook die geval was - maak dit onmoontlik om 'n vloeiende bedryf op die been te kry. Die belasting op die hotel het buitensporig geraak, en dit sal altyd 'n steen des aanstoots bly.
Dit sal nie verstandig wees om nie die bates te verdeel nie, want die woonstelle is almal onderhewig aan deeltitel-eienaarskap, dit terwyl die hotel as 'n enkeltitel geregistreer is. Om die hele proses van voor af te begin met hersonering, sal dus onnodig wees en net vertraging meebring met die opknappingsproses. Ek wil ook net noem dat die grensoorskreidingskwessies destyds reeds almal opgelos is, en dat dit beslis nie 'n probleem is nie."
Theart het bygevoeg dat hy destyds van plan was om die voorkant van die hotel te behou (in die Art Deco styl) maar dat die syingang 'n nuwe vooraansig sou gekry het (toe Pluscor in 'n finansiële verknorsing geraak het).