GEORGE NUUS - Loudine van Wyk Wiseman, 'n tandarts van George, en haar susters van Port-Elizabeth, Charlotte van Wyk en Esmarie van Tonder, albei dieetkundiges, is in hulle skik met hulleself nadat hulle die Knysna-halfmarathon onlangs saam voltooi het.
Loudine het vyf maande gelede begin hardloop, eers net tydens die weeklikse Parkrun, maar met die aanmoediging van haar susters het sy haar oefenprogram aangepas sodat sy saam met hulle vir die halfmarathon kon inskryf.
"Ons het hard gewerk aan hierdie medaljes," sê Loudine.
Haar seun, Alexander Wiseman, 'n gr. 2-leerder van Holy Cross Primary, is deesdae ook 'n ywerige hardlopertjie. Hy het onlangs sy 10de Parkrun-sertifikaat, onderteken deur Bruce Fordyce, ontvang.
Die beste tyd wat hy al aangeteken het, was 24 minute 18 sekondes oor 5 km.
Dogters en kleinkind volg in die voetspore van hul pa en oupa, dr. Percy van Wyk wat op dieselfde dag sy 50ste Parkrun voltooi het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroet nuus'