Die meter lange haai - wat beslis baie opwinding veroorsaak het - is dadelik weer vrygelaat.
Een van die lewensredders, Gasa Luyanda, sê dat swemmers baie onsteld was toe hulle die strand vir tien minute moes sluit.
Gelukkig het die haai gou sy koers gekry en die mense kon weer in die water baljaar.
Gasa Luyanda (links), ‘n lewensredder wat by Buffelsbaai diens gedoen het, wys hoe groot die haai was. Saam met hom is Mandla Mkhuluti en Hlongwa Simthembile, lewensredders van die Oos-Kaap.