Mnre. Charles Stander (uitvoerende burgemeester), mnr. Trevor Botha (munisipale bestuurder) en Keith Jordaan (direkteur finansies) het die goeie nuus Maandag tydens 'n glansfunksie in Kaapstad ontvang.
Slegs vyf van die 30 munisipaliteite in die Wes-Kaap kon hierdie prestasie behaal. Standers het vroeg Dinsdagoggend sy direktoraat en senior amptenary in die raadsaal byeengeroep om die goeie nuus oor te dra. Volgens Standers is die OG van mening dat nie net hul finansies nie, maar ook hul diens-lewering onbetwisbaar is.
Hy het gesê: "'n Skoon ouditverslag is die hoogste toekenning wat 'n munisipaliteit van die ouditeur-generaal kan ontvang. Dit is te danke aan die harde werk en toewyding van my hele span, veral die hoof finansiële bestuurder, Keith Jordaan, hoof van die finansiële portefeuljekomitee rdl. Leon van Wyk en ons munisipale bestuurder, Trevor Botha. Aan almal wie se verbintenis verseker het dat ons munisipaliteit met hierdie huldeblyk beloon word: welgedaan en dankie."
Mnr. Marius Swart, DA-lid van die parlement en kiesafdelingshoof vir George, het tydens 'n perskonferensie Dinsdagoggend gesê: "'n Skoon oudit gaan gepaard met effektiewe dienslewering. Dit maak George se pad oop vir nog baie meer soortgelyke suksesse."
Die voorsitter van George-munisipaliteit se ouditkomitee, mnr. Jolyon Stoffels het aan die raadslede en amptenary gesê: "Dit wys wat 'n mens kan vermag as jy sáámwerk. U is uitstaande en pligsgetrou in u werk. Ons het nou die fondament gelê en daar sal nou geweldige druk op die bronne van George geplaas word om voort te gaan met uitstaande dienslewering."
Botha het gesê hulle is reeds besig om daaraan te werk om die George-munisipaliteit as een van die bestes in die land te laat erken, "Ek is trots op ons amptenare en die ekstra myl wat hulle loop in dienslewering".
Van Wyk het sy tevredenheid uitgespreek op die skoon, ongekwalifiseerde ouditverslag. "George-munisipaliteit het verskuif van 'n negatiewe mening in 2009/10 tot 'n skoon verslag in 2011/12. Dit is 'n merkwaardige prestasie vir 'n nuwe raad en waarop die finansiële span vorentoe kan bou. Toe ons in 2011 oorgeneem, was ons vasbeslote om effektiewe regering daar te stel ten einde die stad se finansies doeltreffend te bestuur ten spyte van die uitdagings wat die ekonomiese resessie gebied het."
Inligting oor George en die munisipaliteit kan gevind word op die webwerf: www.george.org.za.
* The George Municipality received a clean audit report from the Auditor General for the accounting year ending 30 June 2012. The Executive Mayor, Alderman Charles Standers said he is delighted with this achievement. "A clean audit report is the highest accolade a municipality can receive from the Auditor General and it is due to the hard work and dedication of my whole team, especially the chief finance officer Keith Jordaan, head of the finance portfolio committee Cllr Leon van Wyk and our municipal manager, Mr Trevor Botha. To everyone whose commitment ensured that our municipality has been rewarded with this tribute: well done and thank you."

Raadslede en amptenare vier die skoon ouditverslag met 'n glasie alkoholvrye vonkelwyn. Voor van links sit burgemeester, Charles Standers en Trevor Botha (munisipale bestuurder). Agter van links: mnre. Flip de Swardt (hoofsweep: George-stadsraad), Marius Swart (DA-LP en kiesafdelings-hoof), Keith Jordaan (direkteur finansies), Johan Stander (DA-raadslid), Henry Jones (DA-raadslid), Wilbur Harris (Cope-raadslid), Leon van Wyk (portefeuljeraadslid vir finansies), Louis Fourie (bestuurder; intern
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS