Gallery
GEORGE NUUS - Heeltyd Speeltyd is 'n kleuterskool waar daar nie net geleer en gespeel word nie, maar waar hulle ook hul hart oopmaak om 'n verskil in die gemeenskap te bewerkstellig.
Tydens Valentynsdag was daar 'n uitreikingsprojek waar ouers van die skool meer as duisend kolwyntjies gebak en skool toe gestuur het.
Huis J J Watsons is deur die gr. RR en gr. R-leerders bederf met 'n kaartjie en kolwyntjie en die kinders het vir die inwoners gesing om hulle dag op te vrolik.
Daar is ook meer as 400 kolwyntjies na Carpe Diem Skool geneem wat aan die leerders uitgedeel is.
Up with Downs was ook deel van die uitreikingsprojek en elke kind en personeellid het 'n kolwyntjie gekry.
FOTOGALERY: Heeltyd Speeltyd geniet groot Valentynsbederf
Natuurlik is elke kind van Heeltyd Speeltyd ook bederf met 'n kolwyntjie en die DBV het vir hulle 'n poppekas kom hou oor die versorging van 'n troeteldier. Die DBV het die voorreg gehad om nie net ons kinders beter te leer ken nie, maar ook honde- en katkos te ontvang vir die diere in hul sorg.
Heeltyd Speeltyd se leuse is, "Om elke kind se volle potensiaal te ontwikkel" en 'n verskil te probeer maak.
Jeffrey R Holland het gesê: "True love blooms when we care more about another person than we care about ourselves."
Heeltyd Speeltyd bederf Carpe Diem-leerders met kolwyntjies.
Heeltyd Speeltyd se kinders het baie troeteldierkos aan Alta Koekemoer en Gerda Groenewald van die DBV oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'