Breaking News Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die sogenaamde meesterbrein agter die dubbele moord van ‘n egpaar op Groot-Brakrivier wat landuit gevlug het, is in hegtenis geneem.
Polisiewoordvoerder kaptein Malcolm Pojie het bevestig dat die verdagte, Lebohang Lekoro gister in Bloemfontein gearresteer is.
Lekoro het na Lesotho gevlug kort na die grusame moord op die 72 jarige Tewie en 62 jarige Eurika Human by hulle huis op Groot-Brakrvier in Julie 2016.
Tewie is met ‘n panga doodgeslaan en Eurika is met ‘n mes gesteek.
Lekoro het vir die Humans gewerk.
‘n Ander verdagte, ‘n vriend van Lekoro, die 27 jarige Thamsanqa Sishuba is in September verlede jaar twee lewenslange vonnisse opgele vir sy aandeel in die moord.
Lekoro sal Maandag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.
Lees vorige artikels hier:
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
- Verdagte getuig vandag
- Eurika Human vermoedelik dadelik dood
- Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
- Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
- Groot-brak dubbele moord: familie by hof
- Dubbele moord: verdagte vandag in hof
- Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
- Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
- Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
- Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
- Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
- Opvolg: Verdagte vir Groot-Brak gru-moord
- Man vir Groot-Brak gru-moorde gearresteer
- Groot Brak gru-moorde: Roudiens Dinsdag
- Groot Brak gru-moorde: Honde bly agter
- Groot Brak gru-moorde: Skoonseun praat
- Groot Brak gru-moord: Ondersoek duur voort
- Opvolg: Groot Brak gru-moord
- Opvolg: Groot Brak-egpaar wreed vermoor
- Groot-Brakrivier-egpaar wreed vermoor
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier nuus'