Die Humans se twee goedversorgde honde, Jessica (Staffordshire bull terrier) en Tiekie (Yorkshire terrier), was vir minstens vier dae in die moordhuis saam met Eurika se liggaam toegesluit.
Forensiese deskundiges en Groot-Brakrivier-polisie het Saterdagaand, 18 Junie, 'n deur van die slagoffers se huis in Sandhoogtepad oopgebreek, nadat bure en 'n vriendin van die Humans onraad vermoed het.
Binne die huis het 'n skokkende moordtoneel en twee getraumatiseerde honde op polisielede en omstanders gewag.
Volgens polisiewoordvoerder, sers Chantel Marais, is Tewie in die motorhuis met 'n voorwerp teen sy kop geslaan, terwyl Eurika met verskeie steekwonde aan haar nek in haar bed gevind is. 'n Nadoodse ondersoek is intussen gedoen waarna die presiese tyd van dood bevestig sal word.
