GEORGE NUUS - Dis nie aldag dat iemand 'n kolhou op 'n gholfbaan speel nie.
Op 30 Augustus, was dit sulke tyd toe Gill van Greunen op die 2de gaatjie van die Kingswood-gholfbaan dié prestasie behaal het.
Sy het deelgeneem aan die maandelikse PSG Wealth Outeniqua Cup. Dit was die eerste keer dat sy 'n kolhou gespeel het en het R50 000 daarmee gewen.
Die organiseerders het PSG Insure Motana/George, Franna Koekemoer en Nick Engelbrecht bedank vir die borg van die gaatjie.
Koekemoer het gesê dis nie so algemeen dat iemand 'n kolhou speel nie. "Dit gebeur nie gereeld nie en is iets besonders."
Engelbrecht het gesê hulle is baie dankbaar vir Van Greunen se part.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’