GEORGE NUUS - Ná 'n string kommentare wat gevolg het op 'n plasing op die George Herald se Facebook-blad na 'n onlangse besoek deur die Kaapse provinsiale verkeersbeamptes, die 'Ghost Squad', is dit duidelik dat sommige Georgiete goed keelvol is vir die manne in die wit VW GTI's.
In sy plasing op die koerant se Facebook-blad, vra Deon Gericke of die 'Ghost Squad' werklik nodig is.
"Ek stem saam daar is naweke baie dronk bestuurders en hulle moet vasgevat word, maar dis die manier hoe die 'Ghost Squad' optree en rondjaag en almal aftrek en mense sleg behandel. Die arrogante, windgat, houdings. Dis amper of hulle 'n skrikbewind voer. Oortreders moet vervolg word, maar dan moet dit op 'n gepaste en professionele manier gedoen word," sê hy.
Kort daarna het die kommentare, meestal klagtes oor die 'Ghost Squad', op die plasing gevolg.
Sommige van die kommentare wat gevolg het:
Stefan Bekker stem saam met Gericke: “Hulle is regtig onbeskof en het geen menseverhoudings nie. Hulle werk met die publiek en is veronderstel om professioneel op te tree. Ek is afgetrek deur een van hulle met ‘n baie arrogante en onbeskofte houding. Die dorp behoort nie aan hulle. Ek verstaan hulle doen hul werk maar, wees dan beskaafd.”
Zak Edgar says: “I think it’s a good thing. The town is rotten with drunk people driving just how they want. Wheel spinning, donuts etc. with no regard for the safety of other users. Yes they do their job. I have never seen them being unreasonable or unprofessional at all. In fact the total opposite.”
Willie Hollander-Mollies reken daar moet meer aan die taxis gedoen word: “Maar hulle kan absoluut niks aan die taxis doen wat elke oggend ‘n skrikbewind met hulle bestuursvernuf in Nelson Mandela-boulevard voer nie?”
Connell Titus skryf: “Ek stel voor kry die betrokke beampte se naam. Kry soveel moontlike inligting oor die insident. Maak gebruik van ooggetuies wat rondstaan en gaan lê ‘n klag. As hulle jou aftrek gee jy net samewerking hou jou kant skoon. John Titus gee raad: “Julle moenie gesuip ry nie be obedient.”
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'