GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie is op die toneel by die poskantoor op Groot-Brakrivier waar 'n gewapende roof, wat na wat verneem word verband hou met 'n transito-roof, plaasgevind het.
Na wat beweer word, het die verdagtes 'n vuurwapen bekom deur 'n sekerheidswag se wapen af te neem.
Groot-Brakrivier-kommunikasiebeampte, Sersant Laurianne Botha sê die verdagtes het na bewering 'n onbekende bedrag geld gesteel.
Die verdagtes het met die geld gevlug en is steeds op vrye voet.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'