Lt.Genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiekommissaris het verlede Donderdag die medaljes op Outeniquapark aan dié beamptes oorhandig.
Agt van die beamptes is vereer vir 30 jaar getroue diens, terwyl 70 vir 20 jaar en 130 vir 10 jaar getroue
diens met medaljes vereer is. Nog 60 polisiebeamptes het medaljes ontvang vir hul dienslewering voor die tydperk van samesmelting, voor 1995 tot 27 Januarie 2005.
In sy toespraak het Lamoer die beamptes, wat gewissel het van ju-niors tot top-vlak polisiemanne en vroue geprys vir hul getroue diens en aangemoedig om te strewe na onbaatsugtige hoë gehalte diensle-wering. Hy het ook sy gevoel uitgespreek dat die polisie besig is om beheer te neem oor misdaad en 'n veilige omgewing te skep vir Suid-Afrikaners om in te leef.
Die medaljeparade is ook bygewoon deur politieke leiers, sowel as leiers vanuit die sakesektor en landbou.
* Western Cape Police Commissioner, Lieutenant-General Arno Lamoer handed over medals last week to 268 Southern Cape police officials for loyal service. Lamoer encouraged them to strive to deliver service of high quality to the community.

Lt.genl. Arno Lamoer, genl.maj. PJ Jacobs en genl.maj. Thembisili Patekile word deur senior polisiebeamptes begelei om die parade te inspekteer.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'