OPVOLG -Die polisie bedank almal wat bygedra het tot die vind van meneer Louis Maré.
TUINROETE | KAROO NUUS - Die Mosselbaai-polisie is op soek na meneer Louis Maré. Maré was by Santos Express ingeboek tot 14 Januarie.
Op 15 Januarie was hy laas daar gesien maar het sy voertuig met registrasie nommer JCL807MP met sy klerasie in die voertuig gelos. Die voertuig het ook geen lisensieskyfie op nie.
Volgens die polisie is sy selfoon steeds af en kan hulle hom nie kontak nie.
Op Sondag, 22 Januarie is hy as vermis by die polisie aangemeld. Sy voertuig staan egter in die pad van die ander voertuie.
Enigiemand wat weet waar Maré hom bevind, moet die Mosselbaai-polisie se speurtak of Santos Express kontak.
Kaptain Jackie Grundling (082 778 7304). Santos Express (044 691 1995).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'