Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Vrag van 150 sakke heelmielies is vandag, Vrydag 16 Februarie, op pad van George na drie boere in die droogteteisterde Rietbron-omgewing.
Die voer is geskenk deur 'n klompie boere en sakemanne van George nadat Johan Viljoen, eienaar van JP Fencing, besluit het om sy jagvriende, saam met wie hy jaarliks op een van die plase jag, te vra om skenkings te maak.
Dit het nie daar gebly nie, want toe die SSK Agriland daarvan hoor, het Charmaine Sander en Ilze Rabie, twee verkoopsdames by die voerstoor, klante vir donasies genader.
So is die 150 sakke binne minder as twee weke bymekaargemaak.
Viljoen sê die drie plase lê in 'n strook wat die onlangse reën in die Rietbron-omgewing gemis het.
Kyk die video hieronder.
Lees meer in die komende George Herald, en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'