GEORGE NUUS - Genevafontein-aftreeoord het saam met 22 inwoners van 90 jaar en ouer, hul lewens gevier. Dit het gepaard gegaan met die aftreeoord se jaarlikse pretstap. Al die inwoners is daarna bederf met heerlike pannekoeke en die 90+ inwoners was die eregaste by die geleentheid.
Die funksie is moontlik gemaak deur donasies wat ontvang is van Watsons, Golden Harvest, Grocery Express, So-Ca en mnr. C Nederheitmann, 'n inwoner van die oord.
ER24 se personeel was soos gewoonlik behulpsaam en vrywillig op bystand. Die George-munisipaliteit se verkeersafdeling het gesorg vir die veiligheid van die inwoners op straat tydens die pretstap.
Dis-Chem het die 90 jaar en ouer inwoners verras met individuele geskenkpakkies wat deur twee van hulle konsultante aan die inwoners uitgedeel is.
Almal was uitgevat in 'n vrolike masker of hoed.
Cheryl Jansen en Jennifer Terblanche van DisChem wat die pakkies oorhandig het. Voor is mev. Florence Alexander (met die hoed op). Sy is op 99 jaar die oudste inwoner in die sorgeenheid van Genevafontein en langs haar is mev. Tricia Groenewald (90).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'