GEORGE NUUS - Die Suid-Kaapse tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika sal sy 2020-werksaamhede met sy Algemene Jaarvergadering op Woensdag 5 Februarie om 14:00 in die George Museum afskop.
Luidens 'n verklaring van die instansie het die genootskap 'n baie suksesvolle 2019 belewe. Heelwat nuwe lede van regoor die Suid-Kaap het aangesluit en altesaam 94 persone was teenwoordig by sy laaste ledevergadering by die George Museum.
Nuwe lede wat belangstel om by die genootskap aan te sluit, kan met die sekretaris, Estelle Melvill, in verbindig tree en 'n e-pos stuur aan melvill.estelle@gmail.com.
Aansluitingsvorms en besonderhede sal ook by die vergadering op 5 Februarie beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'