Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Verteenwoordigers van die gemeenskap en minstens twee politieke partye, die PBI en GOOD het vanmiddag by die hekke van die Le Grand leefstylontwikkeling aan 'n plakkaat protes deelgeneem.
Hulle eis antwoorde van die Huiseienaarsvereniging en ontwikkelaars. 'n Memorandum van eise is oorhandig aan Fred Barnard,'n inwonende direkteur van die Huiseienaarsvereniging.
Die ontwikkelaars kon ongelukkig nie self teenwoordig wees en Barnard het dit namens hulle ontvang. Die Huiseienaarsvereniging en ontwikkelaars word 14 dae tyd gegee om te reageer.
Die gegriefdes eis onder meer dat die Rekord van besluitneming wat al 'n paar jaar gelede opgestel is, uitgevoer word.
Tydens vanmiddag se gebeure was die polisie en munisipale verkeersdepartement sterk verteenwoordig, maar hulle het dinge van 'n afstand gevolg.
Sover bekend is geen negatiewe voorvalle aangemeld. Donovan Saptoe 'n streeksleier van GOOD, het gesê dis wettige optrede.
VIDEO: Gemeenskap eis antwoord oor Le Grand
Dis 'n bewusmaking van die situasie. Hy het verteenwoordigers van Le Grand genooi om in gesprek te tree met hulle.
Die gemeenskap gaan dit nie los nie en die ongelukkigheid strek oor politieke grense heen.
Virgill Gericke, PBI-leier, het gesê die gemeenskap wil hê die aangeleentheid moet uitsorteer word. Hy het rolspelers gevra om volwasse op te tree en hande te vat. As Le Grande nie na die tafel wil kom sal die gemeenskap hul tot die hof wend om te vra dat die ooreenkoms opgeskort word.
Hy het benadruk hulle is nie daar om Le Grande aan te val. "Ons is hier om die kant van die gemeenskap te stel."
Barnard het gesê die gebeure van die afgelope tyd het vir hulle as 'n verrassing gekom. In die stadium kan hy nie kommentaar lewer. Hy het onderneem om die eise Dinsdag tydens 'n direksievergadering voor te lê. Dit sal dan bespreek word.
'n Polisievoeruig verlaat die toneel. Foto's:Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'