GEORGE NUUS - Die NG Moederkerk nooi alle belangstellendes om te deel in twee spesiale geleenthede ter viering van Hervormingsdag wat môre, Sondag, 30 Oktober, gehou word.
Om 12:00 gaan gelowiges ‘n menseketting rondom die kerkgebou vorm, hande vat en almal saam hul geloof volgens die Apostoliese Geloofsbelydenis bely. Daarna word die Onse Vader saam gebid.
Gelowiges wat wil deelneem aan hierdie besonderse gleentheid moet asseblief om 11:40 hulself rondom die kerk spasieer sodat almal gereed is vir 12:00.
Die tweede geleentheid, ‘n Hervormingsangfees, vind om 18:00 in die kerk plaas. In hierdie spesiale diens word die hervorming herdenk met ‘n kort boodskap en skriflesing, pragtige koorsang deur ‘n ensemble en samesang deur almal teenwoordig. Verversings, tee en koffie word na die diens in die kerksaal bedien.
Hervormingsdag word gevier ter herdenking aan die kerkreformasie wat Martin Luther in 1517 inisieer het toe hy ‘n skrif met 95 stellings wat die Rooms-Katolieke praktyke bevraagteken, teen die kerkdeur van die Schlosskirche in Wittenburg opgesit het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'