Gallery
GEORGE NUUSFLITS - Die beroemde Ou Tolhuis in die Montaqupas teen die suidelike hange van die Outeniquaberge is Maandag 29 Oktober omstreeks 11:30 byna heeltemal in die voortslepende brande verwoes.
Die brandweer was wel vroeër daar om die huis en die area rondom nat te spuit, maar dit was vergeefs.
Gerda Stols, voorsitter van die Vriende van die Tolhuis wat al vir jare met oorgawe werk vir die bewaring, verbetering en bemarking van die tolhuis, sê dit voel soos dood in die familie.
Dit is haas onmoontlik om 'n prys te sit op die waarde van die verlore kultuurskatte. Maar opgee is nie deel van Stols se karakter nie en sy maak reeds planne om dié stukkie kultuurerfenis in volle glorie te herstel. Intussen stroom boodskappe van heinde en verre in en Stols vertrou dat genoeg donasies en hande om te werk sommer gou die projek van die baan sal kry.
Kontak haar by gerdastols@telkomsa.net.
Dit is haas onmoontlik om 'n prys te sit op die waarde van die verlore kultuurskatte.
Lees meer in Donderdag se George Herald asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'