Update
GEORGE NUUS - ‘n Gedenkdiens vir Quinten Potgieter (27), ‘n biokinetikus van George, vind Woensdag 20 Julie om 14:00 by die Eden-gemeente in George plaas.
Potgieter het verlede Woensdag, 13 Julie, in George-hospitaal gesterf na ‘n botsing dieselfde aand, omstreeks 19:45 in Knysnaweg.
Potgieter was met sy Chevy Sonic op pad huis toe na ‘n oefensessie met die Crusaders-rugbyspan by Rosemoor-stadion toe die ongeluk by die Le Vallia-afdraai in Knysnaweg plaasgevind het.
LEES MEER: Biokinetikus sterf in Knysnaweg-ongeluk
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'