GEORGE NUUS - Die Herfsreeks van die Etensuurkonserte in die Moederkerk word op Maandag-aand, 24 Mei, om 18:00 afgesluit met 'n galakonsert waarin 'n keur uit die afgelope ses etensuurkonserte gehoor sal kan word.
Die kunstenaars wat gaan optree, is Dalene Brits (klavier), Calvin Steyn (viool), Ingrid Robinson (viola/altviool), Elisabeth Potgieter (mezzo-sopraan), Pieter Raath (tenoor), Kaléne Roux (klavier), Buks Gericke (bariton) en Gerrit Jordaan (orrel).
Toegang is gratis, maar donasies sal waardeer word. Covid-19-gesondheidsmaatreëls word gehandhaaf.
Die konsertreeks is moontlik gemaak deur die gewaardeerde borgskap van George Surgical Centre.
Ingrid Robinson, Dalene Brits en Kalene Roux
Bariton Buks Gericke
Calvin Steyn
Mezzo-sopraan Elisabeth Potgieter
Gerrit Jordaan
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'