GEORGE NUUS - Die bekende TV-aanbieder en joernalis, Freek Robinson, stel volgende Woensdag, 10 November sy boek, Op die man af, in George bekend.
Danie Acker van Rauch Gertenbach Prokureurs, die borg van die geleentheid, sal met Robinson oor sy boek gesels.
Die bekendstelling by Otibiti, Meade Straat 81, begin om 18:00. In Op die man af beskryf Robinson sy belewenisse aan die voorpunt van nuusgebeure in Suid-Afrika oor ‘n tydperk van 45 jaar.
Die boek sal teen R290 te koop wees. Bespreek jou sitplek by Louwrens Selzer by 067 419 3569.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'