GEORGE NUUS - Die finaliste in die Mej en Mnr George Landbouskou is vanaand bekendgestel by Hairvolution waar hulle ook deelgeneem het aan 'n amptelike fotosessie.
Die wenner uit die vyf finaliste in elk van die twee kategorieë gaan op 29 Augustus tydens die kroningsaand by die skougronde aangekondig word.
Intussen word die finaliste in aanloop tot die skou ingespan om borgskappe vir die kinderkompetisies te kry.
Plaaslike kunstenaar Michael Lindt tree by die kroningsaand op as seremoniemeester en Andriëtte Norman en Nicoline Stofberg as gaskunstenaars.
Hairvolution, hoofborg van Mej Skou, gaan die deelnemers opdollie vir die groot aand en gaan vir Andriëtte bederf met haar- en skoonheidsbehandelings.
Tiger Wheel and Tyre is die hoofborg van Mnr Skou.
Die kroningsaand begin om 19:00 by die vermaaktent by die skougronde.Finaliste en borge tydens vanaand se bekendstelling, van links, voor: Sonia Osner (Hairvolution), Doné Gerber, Jana Lottering, Alexis Scriven en Lelanie Willers (al vier finaliste) en Aurora Fourie (skouraadslid en organiseerder). Agter: Finaliste Thaddeus Deyce en Kevin Strydom, Tiger Wheel and Tyre se Juan van Rensburg en George Southall, en Hairvolution se Jevon Theron. Foto: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'