‘n Voorlegging is aan die George-stadsraad gedoen om R280 000 beskikbaar te stel aan die George-liggiefees. Die raad het die bedrag na R150 000 verminder.
Drie ander feeste, die Outeniqua Ekspo, die Kaasfees en die George ou motorskou, was op die befondsinglys om elke R40 000 van die munisipaliteit te ontvang. Die raad het egter besluit om nie nou al bedrae vir dié feeste vas te stel nie. Dit is terugverwys vir bespreking binne die nodige komitees.
Vir die 2010/2011-boekjaar was R1.2 miljoen begroot vir onderskeidelik nege feeste. Die geld is as volg verdeel:
- George 200-jaar fees: R500 000;
- George-liggiefees: R300 000;
- Outeniquarolstoelwedren: R120 000;
- Thembalethu Jazz-fees: R100 000;
- George ou motorskou: R40 000;
- Outeniqua Ekspo: R40 000;
- Kaasfees: R40 000;
- Pacaltsdorp erfenisfees: R40 000;
- Sjokoladefees: R20 000.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS