GEORGE NUUS - Weens kontak met die Covid-19 –virus in die kringe waarin die twee kunstenaars wat môre in die Moederkerk sou optree, beweeg, moes die etensuurkonsert deur die bariton Johan Potgieter en die pianis/tjellis Cornèl Engelbrecht ongelukkig afgestel word.
Dit spyt die organiseerders dat die gereelde konsertgangers teleurgestel sal wees.
Ons glo en vertrou dat daar volgende jaar kans sal wees om die publiek met hierdie en ander konserte te verbly.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'