GEORGE NUUS - Die ‘kom van daan’ van die Khoi, Griekwa, Boesman en Namas is vandag as deel van Erfenisdag met trots by die Gwaiingriviermond gevier.
Hier het families, asook stamhoofde soos Henry van Staden, Isaac Farmer en Mervyn Witbooi, stories van hul kultuur en waar hul vandaan kom gedeel.
Die families van Pacaltsdorp en die breë George sê die Gwaiing is deel van hul kultuur en dit is hoekom hulle gekies het om die belangrike dag hier te vier.
Tertuis Simmers het ook vanoggend vertel dat hy trots Griekwa is en dat hy dit steeds aktief vier en beoefen.
Blanche Benjamin en ander lede van die Gwaiingrivier Aksiegroep sê dis belangrik dat die stories oorvertel word en dat dit voortleef.
Die vure brand reeds van gisteraand af waar van die kampeerders rondom vure gesit en gesels het oor watter stam hulle verteenwoordig en wie hul voorvaders was.
Khoi-dansers het vir vermaak gesorg.
Teresa Fortuin is gereed vir die dag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'