GEORGE NUUS - Voel jy ernstig oor bewaring en erfenis? Dan moet jy nie die algemene jaarvergadering van die George Erfenistrust misloop nie.
Belangstellendes word genooi na die vergadering wat op 13 Februarie om 12:00 by Fairview Homestead te Standerstraat 36 sal plaasvind.
Mense wat dit wil bywoon word gevra om 'n e-pos te stuur aan info@georgeheritage.co.za of 082 226 9466 te bel.
Die George Erfenistrust het ten doel die beskerming en bewaring van die kultuur van al George se mense. Die Wet op Erfenis Hulpbronne maak voorsiening dat alle bewaringsorganisasies kan registreer by die Wes-Kaapse Erfenistrust. Die George Erfenistrust is daarby registreer.
IN SHORT
The George Heritage Trust invites interested persons to its AGM on 13 February at Fairview Homestead (36 Stander Street, George) from 12:00 to 13:30. RSVP the secretary at info@georgeheritage.co.za or 082 226 9466.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'