TUINROETE NUUS - Deelnemers aan die Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK) se Erfenistoer, trots ondersteun deur Recollection Rides, verken tussen 23 en 26 September 'n aantal pragtige Kaapse paaie.
Moontlik die mees eerbiedwaardige van vanjaar se motors is 'n Packard Convertible One Twenty van 1941, wat hierdie jaar agt dekades herdenk, sedert die laaste model die fabriek blinknuut verlaat het.
Die groep van 46 deelnemers en 26 uitsonderlike motors, vertrek vanaf Halfway Toyota in George om 08:00 op Donderdag 23 September. Die eerste stop is in Heidelberg, voordat daar Swellendam toe gemik word.
Daar word dan tot by Waenhuiskrans gery waar daar oornag word. Erfenisdag word op 24 September gevier met 'n roete wat Baardskeerdersbos, Gansbaai, Caledon, Franschhoek en Villiersdorp insluit. Deelnemers sal op Worcester oornag.
Op 25 September vertrek die Erfenistoer vanuit Worcester en ry verby Montagu, Barrydale en Calitzdorp voordat die dag in Oudtshoorn voltrek word met 'n uithangaand en prysuitdeling. Die toergeselskap keer Sondag terug George toe via De Rust en Uniondale.
"Daar word nie van bestuurders verwag om 'n konvooi te handhaaf nie, sodat hulle na hartelus ompaaie kan verken," sê Pierre Olivier, organiseerder van die toer.
Volgens hom is daar ook 'n rugsteunvoertuig wat sal toesien dat niemand êrens langs die pad agtergelaat word nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'