Update
GEORGE NUUS - Hy was my enigste seun. Ek gaan hom ongelooflik mis. My hart is stukkend. Só sê 'n ontroosbare Meisie Bredenkamp ná die ontydige dood van haar 44-jarige seun, Jaco Bredenkamp.
Bredenkamp is Saterdagmiddag, 28 November, omstreeks 16:00 in Kaaimanspas oorlede ná hy glo beheer oor sy motorfiets op die nat pad verloor het. Die vermoede bestaan dat sy motorfiets se voorwiel op die wit streep gegly het.
Kort na die ongeluk is al vier bane van die pas gesluit en verkeer is na die Sewe Passe-pad herlei. Bredenkamp is op die toneel deur ER24-paramedici dood verklaar. "Ek het twee jaar gelede my man verloor. Jaco het van Kaapstad gekom om my op te pas - nou is hy ook weg," het Bredenkamp se ma tydens 'n telefoniese gesprek aan George Herald gesê.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoorvoerder, sers. Chris Spies, moet die presiese oorsaak van Bredenkamp se ongeluk nog bepaal word.
"Voorlopige inligting dui daarop dat die slagoffer vanaf Wilderness na George gery het ten tyde van die ongeluk. Hy het op die toneel weens veelvuldige beserings beswyk," sê Spies.
'n Troosdiens is Woensdagoggend, 2 Desember om 10:00, by die Fundamentele Evangeliese Gemeente in George-Oos gehou. "Dankie aan die familie wat bygedra het om my seun te ruste te lê," het Bredenkamp se ma ná die diens gesê.
Hy laat sy ma, seun, Noah (2), sy suster, Carike Bredenkamp en sy tannie, Tillie Havenga, agter.
An accident on the Kaaiman's Pass took the life of 44-year-old biker Jaco Bredenkamp on Saturday afternoon, 28 November. He was declared dead on the scene. A memorial service was held at the Fundamentele Evangeliese Gemeente on 2 December. He leaves behind his mother, Meisie Bredenkamp, his son, Noah (2), sister Carike Bredenkamp and his aunt, Tillie Havenga.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'