Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die bekende Elvis Brew-padstal sal beslis môre weer oop wees vir besigheid. Só sê die eienaar, Elvis Blue (Jan Hoogendyk).
Dit volg ná die padstal gisteraand, Maandag 15 Augustus, omstreeks 18:00 tydens ‘n brand beskadig is. Die oorsaak van die brand, wat agter die gebou by die vullissakke ontstaan het, is nog onbekend.
Gelukkig is slegs minimale skade aangerig wat meestal die elektrisiteitstoevoer beïnvloed en Elvis verseker besoekers dat hulle môre weer volstoom aan die gang sal wees.
Volgens ‘n ooggetuie, Gavin Wilson, wat van die werk af op pad huis toe was ten tyde van die brand, het hy swart rook uit die gebou sien kom en besef die gebou is aan die brand.
Saam met personeellede van die aangrensende Bargain Nursery het hulle vinnig ingespring en die brand met tuinslange begin blus tot die brandweer opgedaag en oorgeneem het.
VIDEO: Jan Hoogendyk gesels oor brand by Elvis Brew
Elvis Brew reopens tomorrow after fire
The famous Elvis Brew Padstal will definitely be open for business again tomorrow. So says the owner, Elvis Blue (Jan Hoogendyk).
This follows after the building was damaged in a fire last night, Monday 15 August, around 18:00. The cause of the fire, which started behind the building near the garbage bags, is still unknown.
Fortunately, only minimal damage was caused, mostly affecting the electricity supply and Elvis assures visitors that they will be back in full swing tomorrow.
Die padstal is vandag gesluit vir besigheid, maar sal môre weer oop wees.
'We bring you the latest George, Garden Route news'